Sy tyd. 3

Woensdag 6 Feb. 2019 Tema: Sy tyd. 3

**** My eie woorde

**** Soms lees ons die Bybel so haastig en ons mis eintlik wat daar staan. Vanoggend se gedeelte sê pasop dat jy nougeset loop en dan verduidelik hy, nie as onwyse nie, maar as wyse. Verlede maand het ons gesien dat wysheid juis is om die HERE te dien. Ek dink ons almal het opnuut die afgelope tyd bewus geraak dat alles in ‘n oomblik se tyd kan verander. Die kosbare woorde waar Paulus bevestig ons moenie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die HERE is.

Efes.5:15 Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

****Nou die vraag? Is al die pyn en lyding en hartseer dan God se wil. Hoe verstaan mens dit, indien ons van kleintyd af leer Hy is dan liefde?  Onthou ek en jy sien net die klein prentjie, maar God sien die hele prent. Hy kyk in die hiernamaals en sien hoeveel siele word gered juis deur trane en smart wat ons nou deurgaan. Toe Sy Seun sterf, fokus Hy op ‘n verloste skare eendag.

GEBED vir VANDAG XY

Onse Vader opnuut besef ons, U is liefde meer as wat ons kan verstaan. Vader help ons om die tyd uit te koop en tot U eer te gebruik, want hoe lank sal ons nog daardie voorreg hê. Ek bid vandag spesiaal vir elkeen onder die letter X en Y op ons poslys. Help hulle om te besef dat U ook vir hulle gesterf het en dat U verlang dat hulle U voluit sal dien. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie aan elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 40 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *