VARKTJOPS MET APPELSAP

Rika Theron

Bestanddele
4 varktjops,
30 g botter,
30 g gerasperde kaas,
60 ml room,
60 ml appelsap,
150 ml aftreksel,
5 ml aangemaakte mosterd,
sout,
peper
asyn.

Metode
Soteer tjops aan albei kante liggies in botter. Meng kaas met 15 ml room en smeer mengsel oor vleis. Voeg appelsap en asyn by. Voeg aftreksel, orige room, mosterd en geurmiddels by. Bak by matige hitte. Bedien met sauté aartappels (kook, sny in skywe en braai bruin in vet.)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 72 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *