Jan van Niekerk
Lewer 24 porsies
Bestanddele
4 kg Medium aartappels
15 ml Sout
500 g Spekvleis, in blokkies gesny
2 Bossies grasuie, fyn gekap
15 ml Sout
1 ml Varsgemaalde swartpeper
Blaauwkrantzkaassous:
500 ml Room
250 ml Natuurlike jogurt
25 ml Suurlemoensap
10 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
250 g Blaauwkrantzkaas, gerasper
4 Grasuie grof gekap vir garnering
Metode:
Kook die aartappels in soutwater vir 20 minute. Dompel in koue water en trek die skille af. Sny die aartappels in skywe en pak die warm skywe in ‘n groot opdienskottel. Hou die aartappels warm. Braai die spekvleis bros.
Sous:
Meng diebestanddele vir die sous alles deeglik saam en giet oor die aartappels. Sprinkel die grasui en spekstukkies oor die aartappels en strooi die sout en peper oor. Lewer 24 porsies.