~BILTONG-&-CHEDDARKAAS JAFFELS

Lynette Muller
Hier is ons eie SA vulsel – die maklikste van almal.

Bestanddele
8 snye witbrood
45 g (50 ml) sagte botter
150 g cheddarkaas, gerasper
200 g gesnyde beesbiltong

Metode
Smeer elke sny brood aan die een kant met sagte botter.
Sit ’n sny brood in ’n jaffelpan, gesmeerde kant na onder.
Plaas cheddarkaas bo-op en dan biltong.
Plaas nog kaas bo-op en maak toe met tweede sny brood, gesmeerde kant na buite.
Maak toe en sny oortollige brood af.
Plaas pan op warm plaat en braai sowat 3 minute.
Draai om en braai nog sowat 3 minute of tot bros en goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 54 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *