BOTTERKOOL

Lynette Muller

Bestanddele
1 Koolkop
Margarien
1/4 Koppie melk
1 Eetlepel Meelblom
Neutmuskaat na smaak

Metode
Snipper ‘n midelmatige koolkop fyn en blanseer in kookwater met sout in. Die kool moet nog bros wees.Dreineer die kool en hou 1 koppie water vir die sous.Gooi die water in ‘n pan en voeg 4 eetlepels botter of bakmargarien by. Voeg nou 1 opgehoopte eetlepel meelblom en ‘n ¼ koppie melk by en roer. Bring tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Waneer die sous lekker dik is voeg die kool by en laat deurkook.Sprinkel bietjie neutmuskaat of anys oor. Geniet !!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 151 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *