Chakalaka

Gert

Bestanddele:
3 eetl olyfolie
3 uie (opgekap)
3 knoffelhuisies (gekneus en opgekap)
1 teelepel fyn gemmer (vars gerasper)
2 vars brandrissies (opgekap)
3 soetrissies (enige kombinasie van groen, geel of rooi, ontpit en opgekap)
4 wortels (geskil en gerasper of opgekap)
2 lourierblare
10 ml medium-sterkte kerriepoeier (Sit in volgens smaak)
5ml paprika
1 blikkie opgekapte tamaties
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
1 blikkie sousboontjies
Sout en peper (na smaak)
Vars koljander (om mee op te dien)

Metode:
Verhit die olie in jou pot en braai die uie tot deurskynend. Gooi die knoffel, gemmer, brandrissies, soetrissies, wortels en lourierblare by en roer saam met die uie rond. Gooi nou die kerriepoeier en paprika by en laat braai nog ’n minuut lank om die speserye te rooster, maar gaan aan na die volgende stap voordat dinge brand. Voeg nou die tamaties en tamatiepasta by en meng deeglik. Sit die deksel op en laat die potjie prut op medium tot lae hitte vir 30 minute sodat die geure kan ontwikkel en die wortels en enige ander harde bestanddele kan sag kook. Gooi die bone by, meng deur en laat prut vir nog 10 minute. Nou kan sout en peper bygevoeg word.

Geniet saam met pap en vleis

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 81 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *