Gebakte brandewynkaaskoek

Rohanja

Dié kaaskoek herinner aan outydse karringmelkpoeding, maar met ‘n effense brandewyngeur. Baie lekker met groenvye of lemoenkonserf en ‘n koppie koffie.

Kors:
1 pakkie (200 g) karamel- of toffiekoekies, gekrummel
80 ml gesmelte botter
2 ml kaneel

Vulsel:
2 houers geroomde maaskaas
125 ml suurroom
125 ml strooisuiker
2 ekstragroot eiers
30 ml mielieblom
45 ml koekmeelblom
15 ml suurlemoensap
45 — 60 ml brandewyn

Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C. Meng die bestanddele vir die kors saam en druk op die boom van ‘n pan van 22 cm vas. Verkoel tot benodig. Klits die maaskaas, suurroom en strooisuiker saam tot goed gemeng. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Meng die mielieblom en koekmeelblom met die suurlemoensap en brandewyn tot ‘n pasta en klits by die maaskaasmengsel. Giet in die voorbereide kors en bak vir 30 — 45 minute tot die buiterande ferm en goudbruin, maar die binnekant steeds sag is. Skakel die oond af, maak die deur effens oop en laat die koek in die oond afkoel. Sit voor teen kamertemperatuur. Lewer 1 middelslag koek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 139 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *