Gebed het waarde  2

Dinsdag 5 Maart 2019 Tema: Gebed het waarde  2

**** My eie woorde

**** In die oorlog jare word ‘n soldaat in die veld betrap, hulle vang hom en neem hom na die bevelvoerder en word aangekla dat hy met die vyand wou kontak maak. Op navraag sê hy, dat hy gegaan het om te bid. Die bevelvoerder sê vir hom of hy besef dat dit hom sy lewe kan kos. Daarna sê hy toe vir hom … “nou-ja bid dan, dat ek kan hoor”  Die jong man val net daar op sy knieë en stort sy hart voor sy Skepper uit. Hy vir vir elkeen daar teenwoordig in alle opregtheid.  Toe hy klaar gebid het, is almal weg en die bevelvoerder sit met trane in sy oë en sê vir hom: “So gebed kan nie anders as uit die hart kom nie …jy kan maar gaan”.  Lees gerus vandag se getuienis. Die HERE hoor nog net so.

Deut. 4:29  Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

Jer.29:13  En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Jer. 32:41(NV)  Ek sal dit geniet om goed te doen aan hulle in my trou; met alles wat Ek is, sal Ek hulle weer in dié land vestig. 42 So sê die Here: Soos Ek hierdie groot ramp oor hierdie volk gebring het, so sal Ek ook al die goeie wat Ek hulle beloof het, na hulle toe bring.

GEBED vir VANDAG R

Onse Vader hoe dankbaar is ons vandag vir die beloftes in U woord wat U gestand doen. U vra nie net nie, U gee ook vir ons meer as wat ons kan dink. Ek bid vanmôre dat U elkeen sal seën wat bid maar hulle wat nog huiwer, maak hulle wakker ons lewe in die laatheid van die uur. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter R begin. Moontlik roep hulle na U vandag om hulp en uitkoms. Wat ook al hulle situasie mag wees, hoor en verhoor volgens U groot en heilige wil. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

A getuig:

Een oggend na ek die nuus gelees het, was ek omgekrap ek bid en vra die Here wat kan ek doen.  1 Sam. 12:16 kom in my gedagtes “Staan nog net ‘n rukkie en let op hierdie groot ding wat die Here voor julle oë gaan doen….

B getuig

Baie dankie vir die geleentheid van saam bid 5uur. In die begin het dit sleg gegaan, soms laat wakker geskrik. Toe koop ek ‘n wekkertjie en wat ‘n belewenis en verandering in my lewe. Baie dankie vir almal wat saam bid.

**** Geseënde daggie en week verder vir elkeen

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 49 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *