Gebed het waarde 3

Woensdag 6 Maart 2019 Tema: Gebed het waarde 3

**** My eie woorde

**** Het jy al gevoel dit help tog nie dat jy bid nie. Dan weer het ek al gehoor mense sê, dit voel vir my ek bid maar my gebede slaan teen die plafon vas. Dit gaan nie oor gevoel nie, dit gaan oor geloof. Gevoelens gaan oor self.  Want wat ons voel is nie altyd eg nie. Die vyand is kundig met gevoelens en uiteindelik glo ons hom.  Geloof is juis om te glo en vas te hou, al sien, verstaan en hoor ek niks. Geloof is om die HERE op Sy woord te neem. Kyk wat sê Jakobus…. Nader tot God ……. dan sal Hy tot ons nader en verder verneder jou voor Hom  en Hy sal jou verhoog. Moenie dat ongeloof en twyfel jou keer om te bid nie.

2 Petrus 1:5  En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,

1 Joh. 5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Jak 4:8(a)  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. ….

Jak 4:10  Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

GEBED vir VANDAG S

Onse Vader ons neem U op U woord vandag waar U sê as ons tot U nader sal U tot ons nader. Wat ‘n voorreg en versterking om te weet die Skepper van hemel en aarde gee ag op ons roepstem. Ons tree in vandag vir ons kinders vir ons regering en vir ons ouers. Laat U wil in hulle elkeen se lewe geskied. Ek bid spesiaal vir diegene wie se naam met die letter S begin op ons poslys.  Miskien ervaar hulle dat hulle U soek maar nie vind nie. Ek vra my Vader versterk hulle geloof met daardie wete as ons U soek met ons hele hart sal ons U vind. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie verder.

GETUIENISSE en TERUGVOER

A getuig:

Een oggend na ek die nuus gelees het, was ek omgekrap ek bid en vra die Here wat kan ek doen.  1 Sam. 12:16 kom in my gedagtes “Staan nog net ‘n rukkie en let op hierdie groot ding wat die Here voor julle oë gaan doen….

B getuig

Baie dankie vir die geleentheid van saam bid 5uur. In die begin het dit sleg gegaan, soms laat wakker geskrik. Toe koop ek ‘n wekkertjie en wat ‘n belewenis en verandering in my lewe. Baie dankie vir almal wat saam bid.

**** Geseënde daggie en week verder vir elkeen

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 39 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *