Gebed het waarde 4

Donderdag 7 Maart 2019 Tema: Gebed het waarde 4
**** My eie woorde

****Gebed beteken, om met God te praat of in gesprek te tree. In een van die Meksikaanse tale beteken dit :“Om te vra terwyl jou hart ontbloot is” Hoe mooi deel die Psalmis dieselfde gedagte.
Ps 62V8 ¶ (62:9) Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons. Sela. 9 (62:10) Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

**** Ek lees waar iemand spog met die verskillende afgode in ons land en ander aankla om hulle nie te oordeel nie. Geen wonder die laaste ernstige waarskuwende boodskap van Openbaring sê wie ons moet aanbid nie. Die Skepper God wat hemel en aarde gemaak het. Die Een wat so heerlik is dat ons nie eers Sy heerlikheid kan aanskou nie. Wat ‘n wonderlike genade en voorreg. Hoe hartseer dat daar mense is wat dit mis.

Open 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

GEBED vir VANDAG T
Onse Vader wat in die hemele woon, U wat is, wat was en wat sal wees. Baie dankie vir die voorreg van aanbidding. Vandag bid ek vir diegene wat U nie ken nie en die liefde van U Seun nie verstaan nie. Ek bid Vader dat U deur die salwing van U Heilige Gees die skille van hulle oë sal laat afval. Hoe wonderlik is die wete dat ons Skepper God reeds hulle gode verslaan het nie net toe Satan uit die hemel is nie, maar ook toe Christus die prys vir ons sonde betaal het aan die kruis, om te wys wat ware liefde is. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter T begin. My Vader U wat in hulle harte sien en U wat hulle worstelstryd verstaan, hoor en verhoor hulle uitroep na U en vou hulle toe in U arms van genade en liefde. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 29 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *