Gebed het waarde 5

Vrydag 8 Maart 2019 Tema: Gebed het waarde 5

**** So dikwels dink mense dat indien jy die HERE dien en bid gaan dit net goed en heerlik. Die teendeel is eintlik waar want ons word geskaaf en gevorm op die aarde om ons karakters te gee wat na die beeld van Christus lyk. Ons sal wel deur toetse en beproewings gaan maar dan vertel Hy ons, dat ons daardeur die karakter van goud kry en dit maak ons skatryk. Ons ontvang wit geestelike klere sonder sonde en daarmee saam geestelike oë van onderskeiding wat is reg en wat is verkeerd

Jes.48:10  Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.

Open. 3:18  Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.

Vanmôre gee Hy opnuut aan my en jou hierdie belofte, dit maak nie saak waardeur jy nou gaan nie. Moontlik ervaar jy dat jy werklik deur die smeltkroes van ellende gaan, maar ons het daardie versekering Hy is by my en jou. Hou in geloof daaraan vas.

Jes. 43:2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

GEBED vir VANDAG U

Onse Vader hoe wonderlik is die versekering dat ons nie alleen is nie. U is by ons en uiteindelik vorm en maak U ons sodat ons U liefde en karakter deelagtig kan word. Vanoggend vra ons U nie om die vuur weg te neem nie, maar om ons suiwer karakters te gee, skoon wit klere en geestelik oë om te sien. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter U. Vou hulle toe in U liefde sorg en genade en mag hulle ervaar die HERE van die leërskare  is by hulle. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie en naweek vir julle . Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 45 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *