Genade onbeskryflik groot

Genade onbeskryflik groot
Hallo Frik

Soms keil my skuldgevoelens my op. Ek het nog altyd die grense getoets. Ek weet nie hoekom dit so is nie, maar ek het altyd naby aan die grense van die lewe geleef en ja, soms het ek daaroor geval, met baie pyn vir my en my naastes.

Ek voel nie goed daaroor nie. Soms raak ek effe depressief en wonder of God regtig nog vir my lief is. Draai Hy nie Sy kop weg en hou maar net uit met my nie? Wanneer gaan dit nou die laaste stukkie strooi wees voor Hy Sy rug op my gaan draai?

Ek wonder of jy ook soms in so ’n gat gaan sit?

En tog hou God nie op om Hom met my en jou te bemoei nie. God sal nooit Sy rug op ons draai nie. Hy sal nooit net wegkyk en ons aan onsself oorlaat nie. Daar sal nooit ’n laaste stukkie strooi wees as ek en jy bereid is om ons lastighede in die oë te kyk en dit met God uit te sorteer nie.

Hoekom nie? 14Die Here het my toe eenvoudig oorweldig met Sy goedheid. God loop oor van genade. God kan Homself nie keer om ons weer en weer te oorlaai met Sy genade nie. God bestaan uit genade. God se genade is soos ’n dik stroom wat nooit ophou vloei nie.

Die Engelse vertaling help om die prentjie te sien as hulle praat van die genade van God wat exceeding abundant is. God se genade is nie net oorvloedig nie – dit oorskry selfs die grense van oorvloed. Ons het nie eers ’n woord wat hierdie oorvloed van God se genade kan beskryf nie. Dis ’n allamintige dik pyp wat genade en goedheid van God bly uitpomp en daar is geen knoppie om dit af te skakel nie.

God het geweet ons kan dit nie op ons eie regkry om volgens Sy wil te leef nie. Hy het geweet baie van ons sou gedurig te na aan die grense van die lewe speel. God het geweet dat mense wat so na aan die grense speel, soms daaroor gaan foeter. Dit is dan juis hierdie genade wat onbeskryflik groot is wat ons keer op keer terugwink na Sy pad.

Wow! Ons moet eintlik net so ’n bietjie stilsit om dit in te neem.

Wanneer hierdie onbeskryflike genade in ons lewe ’n realiteit word, gebeur daar iets. Alhoewel ek nie kan verstaan hoekom God dit doen nie, is dit vir my onmoontlik om onaangeraak te staan. Ek moet dit gaan uitdeel.

God se liefde en genade en goedheid hou nie op nie. Kom ons maak ’n punt daarvan om vandag ’n plek te gaan soek waar ons dit ook aan ander kan gaan uitdeel. Onthou: Ons verdien hier exceeding abundant genade en liefde van God net so min soos die mense rondom ons.

Teks

1 Timoteus 1:8-17

Dink bietjie hieroor

Hoe groot is God se genade in jou lewe?
Hoe groot is jou dankbaarheid?
Voel ander dit?

Gebed

Sjoe, Vader, U liefde en genade en goedheid oorweldig my. Mag ek nie ophou om hiervan aan te gee na die mense rondom my wat dit net so min soos ek verdien nie. Amen.

Shalom
Gerjo Ben
Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward.

Jy kan ook info@kruispad.com in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.


GEBEDSVERSOEK
GEBEDSVERSOEK
PRAAT SAAM
PRAAT SAAM
RAAK BETROKKE
RAAK BETROKKE
ENGLISH
ENGLISH
VIDEOS
VIDEOS
WHATSAPP
WHATSAPP
ROADTRIP247
ROADTRIP247
DEPRESSIE101
DEPRESSIE101
Geen kopiereg – kan gratis versprei word.
Kliek hier om uit te druk | Print Email
Stel nie meer belang nie? Unsubscribe from this newsletter
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 30 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *