GEROOMDE SPINASIE MET FETA KAAS

Woumarie

BESTANDELE:
500 ml basiese kaassous (sien hieronder)
1 x 500 g-pak gevriesde spinasie, ontdooi
1 x 225 g-houer fetakaas, gedreineer
Sout en swartpeper na smaak

METODE:
Meng die kaassous en spinasie in ‘n kastrol en laat goed warm word oor lae hitte. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.

BASIESE KAASSOUS:
BESTANDELE:
115g/125 ml botter of margarien
70g/125 ml koekmeel
500ml melk
100g/250 ml gerasperde Cheddarkaas
Sout en swartpeper na smaak

METODE:
Smelt die botter of margarien in ‘n kastrol en roer die koekmeel by. Roer die melk bietjie vir bietjie by totdat ‘n dik sous vorm. Prut die sous ongeveer 2 minute en roer aanhoudend. Voeg die geurmiddels en kaas by.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *