GOUESTROOP-EN-KANEELKLUITJIES

Anna Eksteen

KLUITJIES
250ml bruismeel
knippie sout
3ml kaneel
45ml botter
1 eier
15-30ml melk

SOUS
500ml water
250ml suiker
60ml vars suurlemoensap
30ml gouestroop
2ml kaneel
45ml botter

Metode
Sif die meel, sout en kaneel saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel krummelrig is. Klits die eier en melk saam en voeg by. Maak aan tot ‘n sagte deeg. Verhit die water, suiker, suurlemoensap, stroop, kaneel en botter saam tot kookpunt. Knyp stukkies deeg af en sit in die kokende stroop. Bedek die kastrol en laat kook vir ongeveer 20 minute. (Die kluitjies is gaar as ‘n mes wat in een gedruk word, skoon uitkom.) Skep in bakkies, skep die stroop waarin dit gekook is daaroor en besprinkel met ekstra kaneel of drup ekstra-gouestroop bo-oor. Sit voor met roomys of vla. Lewer 6-8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *