GROENBONE MET SUURROOM

Bestanddele
600g groen boontjies
Sout
1 teelepel groente spices
½ ui
40g botter of kookolie
40g meel
Peper
1 teelepel asyn
125ml suur room
Pietersielie

METODE:
Spoel die boontjies af en sny of breek hulle in 2-3 cm lang stukke. Kook in sout water met groente spices tot gaar. Gooi die water af en hou eenkant.Kap die uie fyn en soteer in die botter. Roer die meel by en braai goed deur. Gooi 250ml van die kook sap by en prut vir 10 minute. Geur die sous met sout, peper en asyn en roer die suur room by. Voeg die boontjies by en laat dit vir n tyd saam opwarm, skep in n warm opskepskottel, strooi gekapte vars pietersielie oor en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *