Lynette Muller
Bestanddele
1,5 kg bruinlensies, oornag in water geweek
1 groot ui, gekap
1 groot aartappel, gerasper
1 groot wortel, gerasper op kombuispapier
1 tamatie, fyngekap
4 eiers, geklits
80 g (1 pakkie) soppoeier
15 ml blatjang
sout en peper
olie vir vlakbraai
Metode:
Dreineer die lensies en kook dit sag in soutwater. Dreineer dit weer.
Meng die lensies met die res van die bestanddele, behalwe die olie.
Meng met ‘n bietjie koekmeel by indien die mengsel te slap is.
Braai lepelsvol in warm kookolie tot goudbruin. Dreineer die koekies op handdoekpapier.
Bedien warm met ‘n slaai.
(Visited 847 times, 1 visits today)
Advertisements