Tema: Tevergeefs 5

Vrydag 15 Maart 2019 Tema: Tevergeefs 5

**** Wat doen ek en jy met ons tonge? Het jy al onder iemand se tong deur-geloop, of erger nog, het iemand al onder jou tong deur geloop? Miskien voel jy soos ek, dat jy al dinge gesê het en as dit klaar gesê is, dan voel jy jy kan jou tong afbyt. Loof jy God met jou tong,  maar jy beskinder jou broeder of suster, jou vriendin, jou familie.? Is dit wat jy sê altyd waar en eerlik voor die Here? Onthou daar is nie ‘n wit leuen nie. ‘n Leuen is sonde. As ons nie op ons woorde let nie dan sê die Woord vir ons dat ons godsdiens TEVERGEEFS is. Dit is baie harde woorde, maar dit wys net weer watter hoë roeping die Here vir ons het. Ek weet ons is almal skuldig. Wanneer jy klaar gepraat het, besef jy dit was nou nie reg of mooi nie. Die hartseer deel is juis dat die HERE sê ons mislei onsself. Ons dink ons word deur ons Skepper aanvaar maar intussen is ons godsdiens tevergeefs

Jak.1:26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.

****Beteken dit daar is nou geen hoop vir ons nie? Natuurlik nie. Sy genade is juis daar vir ons. Hy sê wanneer ons ons aan Hom onderwerp en so die duiwel teëstaan dan vlug die vyand. Kom ons hou aan om vir mekaar te bid en vas te hou in geloof. 

Jak 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” 7  Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.

Jak.5:16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader wat in die hemel woon. Groot en heilig is U Naam. Baie dankie dat ons al ons sonde en laste op U Seun kan plaas, sodat Hy vir ons kan intree. Hy is skoon rein en heilig want Hy het met Sy lewe betaal vir elke sonde. Ek bid vanmôre vir ons elkeen wat so maklik haastig ‘n woord kan uitbring. Verlos ons van daardie sonde en help ons, om altyd eerlik met onsself en met U te wees. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter A. Ek weet hulle het vanoggend hulle eie harts- verlange wat hulle voor U neerlê. Wil U hoor en verhoor volgens U wil. Hou ons almal veilig in die vakansietyd en as dit U wil is bring ons almal weer veilig bymekaar. In Jesus se Naam Amen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 33 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *