Tevergeefs 1

Maandag 11 Maart 2019 Tema: Tevergeefs 1

**** My eie woorde

****Die rykste, slimste man, wat alles op die aarde het wat sy hart begeer, sit een dag en hy skryf die volgende woorde.

Pred 1:2  Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!

****  Daar is verseker vanoggend mense wat hier lees of luister wat kan saamstem en saam voel. Mense wat voel, ag wat help dit tog, dis alles tevergeefs. Nou wat is die rede waarom ons so voel? Jy sien ons oë is op die aarde en die aardse gerig, terwyl hierdie net tydelik is. Verseker gaan dit verby, maar een ding is seker niks wat met jou en my gebeur  is verniet of tevergeefs nie. Ek en jy is in God se leerskool. Soos Israel vanouds kla ons en raak ons moedeloos want die goed gebeur dan nie soos ons vra of dink nie. Weet jy, die HERE sê dat ek en jy nog nie gereed en reg nie is nie, daarom moet ons die pad loop. Israel het gesê : “ HERE dis Moses, nee dis die woestyn, nee dis die water, nee dis die kos, nee dis die hitte” Wie blameer ek en jy. Die HERE sê vandag vir my en jou……ek wag vir JOU.

2 Kor.6:1 As medewerkers van God doen ons ‘n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.  2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp. “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.

Luk.18:13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!

GEBED vir VANDAG V

Onse Vader so dikwels kyk ons na ons omstandighede en vra hoekom, of ons dink alles is tevergeefs. Wys ons elkeen vandag wat is daar in my lewe wat nog gevorm moet word vir U koninkryk. Vorm en maak ons dan volgens U wil. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter V. Moontlik sit hulle ook vandag op moedverloor se vlakte . Hef hulle op en vou hulle toe in U genade. In Jesus se Naam. Amen .

Geseënde daggie en week verder.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *