Tevergeefs 3

Woensdag 13 Maart 2019 Tema: Tevergeefs 3

**** My eie woorde

**** Ons het al almal ernstig gebid en verseker soos die Psalmis gesmeek, dat ons gebed nie verniet sal wees nie, nie tevergeefs sal wees nie. Dat die HERE sal hoor.

Ps.88.1(88:2)NV Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U. 2  (88:3) Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep.

**** Toe lees ek hierdie gedeelte vanmôre en ek ervaar hoe groot God se liefde en genade is. Maak dit vandag jou eie en hoor hoe die ons Vader met jou persoonlik praat vandag.

Jes.30:18  Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. 19 Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. 20 Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer. 21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

GEBED vir VANDAG XY

Onse Vader, hoe dankbaar is ons om te weet U is gretig om ons genadig te wees. Dankie, dat U juis deur alles besig is om ons te leer. Ag my Vader dalk is hier iemand vandag wat voel hulle het die pad so bietjie byster geraak. U belowe dat U hulle opnuut sal teug roep en sê Hier is die pad loop hierlangs. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter X en Y Ek vra dat U vandag opnuut hulle sal aanraak met wysheid en genade om die regte keuses te maak binne U wil . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie aan elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *