Tevergeefs 4

Donderdag 14 Maart 2019 Tema: Tevergeefs 4

**** My eie woorde

**** Onthou jy die spreekwoord: Niks vir niks en baie bietjie vir ‘n tiekie. Dit herinner my vanmôre aan ons Hemelse Vader se liefde. Hy skuld ons niks, want alles wat Hy kon gee het Hy reeds gegee. Al wat Hy vra is dat ons Sy Seun as ons Verlosser aanvaar en dan ander te  nooi om te kom. As ons dit doen, sal dit nie tevergeefs wees nie.

1 Kor.15:58 Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

Hos.10:12  Ek het gesê: “Saai volgens My wil, en julle sal My liefde oes. Ploeg vir julle ‘n nuwe land! Dit is nou die tyd om na My wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.”

Jes.55:1 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. 2 Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.

GEBED vir VANDAG Z

Onse Vader hoe kosbaar is U woord dat U juis U weldade oor ons wil uitgiet. U nooi ons elke dag om te kom. Tog is dit juis ons sonde wat ‘n skeidsmuur maak tussen U en ons. Help elkeen van ons om U liefde nie net met ons mond te deel nie, maar met ons lewe. Ons skiet so vêr te kort. Ek bid vandag vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter Z begin. Ek vra dat U hulle vandag omstraal met die lig van U teenwoordigheid. Ek vra in die Naam van Jesus verdryf die bose en vul hulle met U liefde. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde daggie verder.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 48 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *