TOEBROODJIEVULSELS

Rika Theron

Vulsels
1. Meng gekapte, hardgekookte eier en gekrummelde spek met romerige slaaisous. Smeer op brood en bedek met ‘n sny kaas.

2. Meng volgende saam: dungesnyde rou kool, rosyntjies, gerasperde kaas en slaaisous en smeer dit op brood.

3. Lê dun snye word op brood, smeer met slaaisous. Strooi met gerasperde kaas en bedek met blatjang.

4. Meng gekapte hoender en grondboontjies, gerasperde kaas en slaaisous. Smeer op brood en hoop repies kropslaai daarop.

5. Meng gekapte pynappel, gerasperde kaas en slaaisous, smeer op brood, bedek met ‘n sny ham en garneer met kropslaai.

6. Roomkaas en fyngekapte ingelegde pynappel.

7. Fyngekapte ham, tamatie en kaas.

8. Tamatiesous, roomkaas en ‘n knippie mosterd.

9. Gegeurde, gekookte maalvleis en roomkaas.

10. Gekapte uie, groenrissie, mayonnaise en roomkaas.

11. Hardgekookte eier, mayonnaise, gerasperde kaas.

12. Gekapte neute, seldery, piesang en roomkaas.

13. Hardgekookte eier, gekapte gebraaide spek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *