Jan van Niekerk
Lewer 25 porsies
Bestanddele
3 kg Wortels, in skuins stukkies gesny
5 ml Sout
5 ml Anyssaad
1 Liter vars lemoensap
Water
20 ml Gerasperde lemoenskil
50 ml Bruinsuiker
50 ml Botter
Metode:
Plaas al die bestanddele in ‘n groot kastrol. Indien die sap nie die wortels bedek nie, voeg water by tot hulle bedek is. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte. Kook die wortels tot hulle net sag word maar nog lekker bros is. Dreineer en sit voor. Lewer 25 porsies.
(Visited 107 times, 1 visits today)
Advertisements