BROCOLLI TERT

Woumarie
1 Rol blaardeeg
400 gram broccoli (breek in stukke)
125 gram Camembert kaas
75 gram kasjoeneute (cashew)
4 eiers
1 kop room
Sout en peper

METODE:
Voer gesmeerde tertbak uit met blaardeeg. Kook broccoli ongeveer 5 minute. Gooi water af. Pak broccoli in tertbak. Sny Camembert kaas in stukkies en plaas tussen broccoli. Pak die neute tussen die kaas en broccoli. Klits eiers, room, sout en peper saam. Gooi oor broccoli in bak. Bak vir ongeveer 45-50 minute op 180 grade. Dien warm op met kleurvolle vars kruie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 177 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *