HERDERS PASTEI MET PATAT BOLAAG

Woumarie

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute

Bestanddele
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
2 wortels, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
500 g beesmaalvleis
30 ml (2 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
30 ml (2 e) worcestersous
45 ml (3 e) blatjang
700 g patat, geskil en gekap
400 g klappermelk

METODE
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die ui, wortels en knoffel by en kook 5 minute.
3 Voeg die maalvleis by en kook 5 minute terwyl jy roer om die vleis op te breek. Voeg die tamatiepasta, aftreksel, worcestersous en blatjang by. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut 20 minute.
4 Bring die patat en klappermelk in ’n aparte kastrol tot kookpunt. Verminder die hitte en laat 15 minute of tot sag onbedek prut. Dreineer en maak die patat fyn tot glad. 5 Skep die maalvleis in vier ramekins, bedek met die fyn patat en bak 15-20 minute in die oond.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *