Hoe laat is dit 1

Dinsdag 23 April .2019 Tema: Hoe laat is dit 1

**** My eie woorde

**** Onthou julle as kinders het ons die speletjie gespeel. Die leier loop voor hy is die “wolf” en ons string agter hom aan as die “skapies” en sê: “Wolf wolf hoe laat is dit, wolf wolf hoe laat is dit?” Die “wolf” gee enige tyd nie kronologies nie, dan ewe skielik sê hy “ Twaalfuur etenstyd!” Hy draai om en die “skapies” spaander  na die “den” of veilige plek. Dit herinner my aan Jesus se woorde.

Matt 18:11  Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is. v12  Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie? V13 En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle :dat hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie verdwaal het nie. V14  So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.

**** Miskien is jy een van daardie skapies wat deur die vyand gevang is. Ek wil vanoggend vir jou sê die HERDER los al Sy ander skape om jou te kom soek sodat die wolf jou nie verslind nie

Mark.13:33  Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader wat in die hemele woon, groot en heilig is U Naam. Baie dankie vir almal wat veilig is en ook vir die wonderlike reën. Hoe dankbaar is ons dat dit juis U wil is om die verlore skape te red. Ek bid vanmôre vir die verlore skape. Hulle wat verjaag is deur die wolwe van die lewe, hulle wat seergekry het, hulle wat eens by die kudde was. Ag HERE dis byna tyd dat U die wêreld gaan omkeer en vele is nog buite die kraal. Red hulle vir U Koninkryk. Ek bid vir elkeen onder die letter O vanmôre. Voorsien in hulle behoefte maar groter nog, in hulle redding . In Jesus se Naam Amen.

Geseënde kort week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 43 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *