Hoe laat is dit?  2

Woensdag 24 April 2019 Tema: Hoe laat is dit?  2

**** My eie woorde

**** Deesdae hoor ek mense sê: “ Oud word, is nie vir sissies nie” Tog dink ek ook dat ons ‘n tydvak ingaan wat ook nie vir “sissies” is nie, maar vir mense wat in geloof vashou. Hoe maklik is dit om vir ander te sê: “ Hou net aan die HERE vas Hy sal jou deurdra” Dan wanneer jy self in die hitte van die stryd kom vervaag daardie woorde en jy soek oral uitkoms. Hoe wonderlik dat die HERE ons juis vir mekaar gegee het om mekaar te dra en te bemoedig. As een swak is en wil bly lê, kom ‘n ander verby en help daardie een om weer op te staan en in geloof vas te hou.

Matt 24 :6 Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie.  V7 Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees.  V8 Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.  V9 “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely.  V10 In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.  V11 “Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei.  V12 Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 13 Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.

**** Hierdie gedeelte kon net sowel uit ons nuusblaaie van vandag wees. En dit is net die begin. Tog kry ons die woorde om te volhard, om nie op te gee nie

Efes.5:16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader baie dankie vir ‘n nuwe dag vol genade. Ons harte gaan uit na mense in oorstroming en benoudheid. Ek dink aan diegene wat siek is vanmôre. Hoor hulle uitroepe na U deur U grote genade. Help elkeen van ons om te besef die laatheid van die uur in ons lewens. Ek bid vir elkeen onder die letter P vanmôre. My Vader help hulle om die smal pad met U te loop, om elke dag in oorwinning deur Jesus se krag te leef. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde daggie vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 13 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *