Donderdag 25 April 2019 Tema: Hoe laat is dit 3
**** My eie woorde
**** Die grootste wapen in die vyand se hand is juis om te sê: “Daar is nog baie tyd” Hoe langer ons uitstel hoe flouer word die stem van die Heilige Gees. Dan op ‘n dag as jy jou oë uitvee …dan is dit vir altyd te laat. Die afgelope naweek vertrek ‘n gesin op pad huis toe en ses mense sterf in ‘n tragiese ongeluk. Wanneer is dit my beurt of jou beurt. Daardie een ding wat jy nog wou regmaak …hoe lank gaan jy nog wag ?
2 Kor. 5 :21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
**** Paulus lewer ‘n passievolle getuienis oor Jesus se opstanding en sy bekering op die Damaskus pad. Festus sê hy is kranksinnig en koning Agrippa gee ‘n ander antwoord
Hand 26 27 Glo u die profete, koning Agrippa? Ek weet dat u glo.V28 En Agrippa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word.
**** Daardie oomblik dring die Heilige Gees koning Agrippa maar hy skop daarteen . Die vraag kom tot jou en my. Wat sê ons, …later, ag ek is nog jonk, anderdag dalk, ek wil nog eers dit of dat doen. Uitstel uitstel uitstel miskien later, moontlik ander dag …en dan op ‘n dag, is dit vir altyd en vir ewig te laat
2Kor 6 :1 As medewerkers van God doen ons ‘n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. V2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.
GEBED vir VANDAG Q en R
Onse Vader ons staan almal skuldig omdat ons so dikwels uitstel. Ons hoor hoe U deur Heilige Gees met ons praat, maar dan sê ons, later, môre, oormôre. Op ‘n dag is dit te laat en mens kyk terug met spyt en berou wat te laat gekom het. My Vader help ons om die laatheid van die uur te besef. Ek bid vanmôre vir diegene wie se naam met die letter Q en R op ons poslys begin. Ek bid U liefde genade en seën oor elkeen. Vou hulle spesiaal toe in U arms van liefde vandag en laat U wil in hulle lewens geskied. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen
Geseënde daggie vir elkeen
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
You Tube:
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan