Hoe laat is dit  4

Vrydag 26 April 2019 Tema: Hoe laat is dit  4

**** My eie woorde

**** Was jy al een oggend laat? Die eerste ding wat jy besef “ O wee ons het verslaap “ Jy skarrel rond en jaag almal aan en kort-kort sê jy : “ Kyk hoe laat is dit al” Vandag se skrif gedeelte herinner my juis aan so situasie. Paulus sê omdat ons weet hoe laat dit al is, die tyd het eintlik reeds al aangebreek om wakker te word, omdat ons finale verlossing ophande is. Gister het ons gesien hoe uitstel ons kouer laat word totdat ons nie meer omgee nie.

Rom 13:11 En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. 12Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem. 13 Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie.  14 Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie.

****Ek lees gister hoe talle mense al die gebeure toeskryf aan “moeder natuur” Kom ons kyk wat sê die woord daaroor.

Luk.21:25  En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,

Job 37:4 (NV) en dan kom die donderslag. God laat sy magtige stem hoor, Hy stuur die onweer in volle krag wanneer Hy sy stem laat hoor.

Efes.5:14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.

GEBED vir VANDAG S

Onse Vader, vanoggend besef ons meer as ooit ons lewe in genade tyd. Ons beker van sonde is tot oorlopens toe vol. HERE help ons om te besef hoe laat dit op U horlosie is. Help ons om wakker te word uit ons geestelike slaap wanneer ons U handewerk aanskou. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter S op ons poslys. My Vader mag hulle elkeen vandag U krag sterkte en teenwoordigheid ervaar. Vou hulle toe in die bloed van Jesus Christus waar hulle gaan en stuur U engele om oor hulle die wag te hou. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en naweek vir elkeen. Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE –Vergifnis

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 17 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *