Saai die Saad 3

Woensdag 3 April 2019 Tema: Saai die Saad 3

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal Ons gaan vêrder met die gelykenis van die saaier

Luk 8:7  En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.

**** Kyk hoe interessant. Die woord sê dit het tussen die dorings in geval. Dan verklaar Jesus dit 

Luk 8:14  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.

**** Hierdie groep hoor, maar hulle stap weg en word vasgevang deur 3 goed : Die sorge van die lewe, rykdom  en plesier. Dan eindig Hy met hierdie interessante stelling …hulle dra geen ryp vrug nie. Hierdie mense het gehoo,r hulle ken die Verlossings plan en hulle praat van Jesus en Sy genade maar kies die wêreld.

1Joh.2:15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Luk.21:34  Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader wat meer kan ons vra as wees ons genadig. Hierdie wêreld met alles om ons verswelg ons elke dag. Help ons om vrug te dra wat by bekering pas en dat U dag ons nie onverhoeds sal betrap nie. Ek bid vir elkeen onder die letter C op ons poslys. My Vader U ken hulle naam en waar hulle was en waar hulle nou is. Red hulle vir U Koninkryk. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *