Saai die Saad   5

Vrydag 5 April 2019 Tema: Saai die Saad   5

**** My eie woorde

**** Wanneer mens vandag se tekste lees en jy dink aan die gelykenis, sien ons dat die saad die Woord van God verteenwoordig. Wanneer Heilige Gees jou dring om met iemand te praat, wees gehoorsaam. Wanneer iemand vra “ Bid vir my” Moenie dit aanstuur nie, gaan bid.

Pred.11:6  Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.

2Tim.4:2  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

Gal.6:8  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Joh 12:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.

Jesus verduidelik dat Hy as die Koringkorrel moes sterf sodat Hy ons kon oes. Ons, ek en jy is die vrugte van Sy oes. Net so moet ons ook self aflê om ander in te nooi Ek en jy sal net soos Jesus die eie-ek en self moet opoffer om Sy woord uit te dra.

Joh.4:35  Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader wat in die hemele woon, help ons om saaiers van U woord te wees want tyd is besig om uit te loop. Stuur mense oor ons pad maar help ons dan om die regte woorde op die regte tyd te sê. Ek bid vandag vir elkeen op ons poslys onder die letter E Ek vra dat U hulle sal omvou met die lig van U teenwoordigheid en sal voorsien in hulle besondere behoefte soos U weet die beste sal wees tot eer van U Naam. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en naweek vir elkeen. Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *