Tema: Saai die Saad   2

Dinsdag 2 April 2019 Tema: Saai die Saad   2

**** My eie woorde

Goeiemôre  almal. Hartlik welkom aan diegene wat eers vandag terug is. Dankie, vir diegene wat hulle selfoon nommers gestuur het, ons is nou 50 persone wat 5uur saam bid oor dieselfde saak, maar ook vir mekaar.

Ons gaan vêrder vandag met die gelykenis van die Saaier

Luk. 8:6  En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.

**** Gister het ons gesien die saad is die Woord en diegene langs die pad is ek en jy. Ons is die hoorders van die woord. Die eerste saad het die duiwel kom wegsteel. Vandag se deel sê die saad het op die rots geval en opgeskiet, m.a.w. die saad was reg om te groei maar dan gee Jesus die rede dat dit nie gegroei het nie, dit het nie water gekry nie en toe word dit droog. Hy verduidelik …

Luk 8:13  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.

**** Jesus is die Rots. Wanneer ons met Jesus is ontvang ons Sy Woord met blydskap wanneer ons dit hoor. Dan omdat ons nie die water van die Heilige Gee het nie verdroog ons geestelik wanneer versoekings kom en ons val. Nogtans is daar altyd genade en uitkoms.

1 Kor_10:13  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader laat U Naam geheilig word en gee vandag met elke versoeking ook die uitkoms sodat ons kan staande bly. Ek bid spesiaal vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter B begin. My Vader U wat elke hart ken vergewe hulle sonde en hoor hulle opregte uitroep na U vandag . Voorsien vir hulle soos U alleen weet die beste is tot Eer en verheerliking van U Naam. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 26 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *