Verootmoediging 1

Maandag 29 April 2019 Tema: Verootmoediging 1

**** My eie woorde

****Ek wy hierdie week se vier dae aan beplanning van Vas en Gebed. Ek het reeds gisteraand ons bidders gevra dat ons almal sal bid oor die 3 dae van vas en gebed voor die verkiesing, maar ook om ons te verootmoedig voor die HERE soos Ninevé, dat Hy ons genadig kan wees in hierdie ernstige tye. Die beplande datums is 5, 6 en 7 Mei. Die tipe vas kan net water wees of net vrugtesap of net vrugte of groente. (Mens sny basies stysels vleis en enige lekkernye en suiker uit)  Jy kan al drie dae saam vas of kies om net een of twee dae te vas.  Stuur aan my asb. ‘n E-pos na blye.versekering@gmail.com  en sê “Vas saam” Indien jy op ons Whatsapp groep is sê net “ Ja,” Ek vertrou die HERE vir 100 name en sal julle op hoogte hou . 4 Persone het reed bevestig.

“Share” asb. die boodskap want ons dien ‘n God van Wonders.

Vas en Gebed 5, 6 en 7 Mei 2019

Dan 9:3  En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.4  En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou, 5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van U gebooie en verordeninge afgewyk.

**** Kom ons oorpeins hier bekende gebed van Daniël, want ons staan almal skuldig. Ek het 4 stemboodskappe op You Tube gelaai oor Vas en gebed indien jy data het om daarna te luister. Indien jy die geskrewe formaat wil hê, vra dit aan by bostaande e-posadres. 

GEBED vir VANDAG T

Onse Vader baie dankie vir ‘n nuwe dag en week. So dankie vir al die seëninge so onverdiend.  Ons lewe in baie ernstige tye. Boodskappe van vrees haat woede en nyd gaan oral op. U is die God van die heelal maar ook ons ware God wat spreek en dit gebeur . U. Het hierdie land se gebede gehoor in 1994 en nou staan ons in ootmoed weer voor U. Ek bid vanmôre vir elke persoon wat oorweeg om te vas en te bid. Laat U Heilige Gees in hulle gedagtes werk dat ons ‘n weermag vir Christus mag wees. Ek bid vandag vir elke persoon in die besonder wie se naam met die letter T begin. Ek vra dat U vandag U hand van genade oor hulle sal uitstrek en hulle sal seë met ‘n hemelse seën . Dat U hulle harte sal aanraak met krag en liefde van omhoog. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

Skakel oor vas.

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 16 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *