Verootmoediging 2

Vas en Gebed 5, 6 en 7 Mei 2019

 

Dinsdag 30 April 2019 Tema: Verootmoediging 2

**** My eie woorde

**** Baie baie dankie aan elke persoon wat gedring voel om saam te vas en te bid. Daar sal nie môre ‘n dagstukkie wees nie, dus vra ek dat jy sal bid oor hierdie vasdag. Dalk is daar iemand wat jy wil vra om saam met jou te bid. Die skakel van vandag se Video handel  oor Lengtes van vas en tydsberekening tydens vas. Geskrewe formaat is beskikbaar by my. Onthou vrees en angs is die vyand se wapen, maar God se wapens is kragtig, sodat ons weerstand kan bied en staande kan bly. Ons het nie getalle nodig nie, maar ek dank die HERE vir 23 wat reeds besluit het. Miskien het jy nog nooit gevas nie, onthou vas is nie dieet nie. Vas is anders die HERE gee jou ‘n sterkte om regtig kos te weerstaan vir een dag . Ek kom op ‘n video af wat mens alles gereed moet maak wanneer jy vlug. Opnuut besef ek, ek kan net na die HERE toe vlug op my knieë.

Matt.18:20  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

2Tim.1:7  Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Joh 4:34  (AFR1953) Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om Sy werk te volbring.

Efes 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

GEBED vir VANDAG U V

Onse Vader wat in die hemele woon, groot en heilig is U Naam. Ons bring vandag al die eer heerlikheid en lof aan U. Baie dankie dat die heelal onder U beheer is. Hoe wonderlik om te weet dat selfs die hare op ons hoof getel is. Dankie vir die versekering, dat waar net twee saam bid, daar is U in hulle teenwoordigheid. Wat ‘n voorreg. Ek bid vir diegene onder die letter U en V vandag. My Vader U weet wat hulle spesiale behoefte vandag is. Dalk vrees hulle vir iets of iemand. Ek vra U om hulle opnuut daardie versekering te gee die Skepper God van die heelal is met hulle vandag. Gaan en bly met ons elkeen vandag . In Jesus se wonderlike Naam. Amen

Geseënde daggie vir elkeen ons gesels weer Donderdag.

GETUIENISSE en TERUGVOER

Deel 2 oor Vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 18 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *