Wat kos dit? 1

Maandag 8 April.2019 Tema: Wat kos dit? 1

**** My eie woorde

**** Ons is almal vandag so goed bekend met hierdie vraag. Wat kos dit? Alles word met geld gemeet en dis so jammer dat die duiwel siele koop met geld. Hoe doen hy dit ? Presies soos met dwelms. Hy begin klein en dan al hoe meer en nog en nog en later kan jy nie meer daarsonder klaarkom nie. Dan kom die liedjie in my gedagte op wat sê: “ Weet jy wat dit sal kos as God jou nie verlos, al het jy eer en rykdom behaal “ Dawid het dit verstaan

Ps 32:1  ‘n Psalm van Dawid; ‘n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.2 Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.

**** Dawid besef as sy sonde net weg kan wees as dit vergewe kan wees of bedek kan wees en as die HERE sy sonde nie toereken nie, dan sal hy gelukkig wees. Dan kom sy belydenis dat hy stilgebly het daaroor en dit het hom dag en nag gepla .

Ps32.3  Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;4  want U hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.

**** Toe neem Dawid ‘n besluit en hy kies die enigste en regte uitweg.

5  My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

**** Vanoggend is dit die antwoord …dit kos 100% oorgawe. Verlossing kos niks, dis gratis en verniet want die prys is volkome betaal deur die bloed van die Lam Jesus Christus, maar dan vra Hy alles.

1Joh 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

**** Miskien worstel jy soos Dawid oor daardie een ding wat jou uitmergel. Vertel dit vir Jesus. Net soos Dawid kom die vrymaking wanneer ons Jesus daarvan vertel . Net Hy kan ons verlos van die goed waarmee die vyand ons bind .

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader U het alles vir ons gegee en U vra slegs ‘n oorgawe van ‘n sonde oorlaaide hart. Nogtans hou ons daaraan vas, want sonde is mos so lekker en gemaklik net terwyl dit aanhou. Vanaand in die stilte van die nag praat U Heilige Gees met ons. Ek bid dat U ons sal help om soos Dawid oor te gee en te bely maar ook, om te laat staan dit waaraan ons vashou . Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter F op ons poslys. Moontlik ervaar hulle vanoggend net donkerte en voel moedeloos. Ek vra tel hulle op met U groot hand van genade en verseker hulle opnuut van U grote liefde. In Jesus se Naam Amen

Geseënde daggie en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 45 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *