Aanvaarding 2

Dinsdag 14 Mei .2019 Tema: Aanvaarding 2

**** My eie woorde

****Ons ken die spreekwoord aanvaar wat jy nie kan verander nie. Nou-ja woorde is maklik maar dis nie altyd so maklik om dit te doen nie. Ons moet onthou dat die vyand gereed sit elke dag om jou verlede voor jou te gooi en te sê – “ Sien jy dis omdat jy dit of dat gedoen het nou straf die HERE jou” Net soos met Job laat die HERE gebeure toe en ja Hy gee ons soms so bietjie pak oor ons eie hardkoppigheid. Dan lees ek wat die Psalmis sê dat Hy ons nie sal verwerp nie en dat Hy ons nie sal verlaat nie. Die probleem is ons verlaat Hom en dink ons kan self regkom. Op ‘n dag tref dit jou HY is die antwoord op elke probleem. Geen gebed hoe eenvoudig gaan by Hom verby nie. Daarom wanneer negatiewe goed gebeur, aanvaar dit en wees verseker God is en bly in beheer.

Spreuke 3 V11 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, V12 want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun.

Ps 94:10  Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie—Hy wat die mens kennis leer? 11  Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is. 12  Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet, 13  om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word. 14  Want die HERE sal Sy volk nie verwerp en sal Sy erfdeel nie verlaat nie;

Ps.145:3 Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader vanmôre moet ons bely ons het nog so baie om te leer . Baie dankie vir U geduld en genade oor ons. Help ons elkeen om te besef, dat U negatiewe goed juis gebruik om ons verhouding met U te versterk. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter F Wil U hulle aanraak deur U Heilige Gees en salf met wysheid en insig. Ons vra dit in Jesus se wonderlike Naam . Amen

Geseënde daggie vir julle elkeen

 

GETUIENISSE en TERUGVOER

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 9 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *