Aanvaarding 4

Donderdag 16 Mei 2019 Tema: Aanvaarding 4

**** My eie woorde

**** Paulus begin sy woorde aan Timotheus en sê dat dit wat hy nou gaan sê, is ‘n betroubare woord en hy kan dit sonder voorbehoud aanvaar. So wat Paulus hier sê is dat Timotheus nie eers vir een oomblik hoef te twyfel aan dit wat hy hom gaan meedeel nie. Dit laat mens wonder wat is hierdie betroubare woord ….dan volg hy met die goeie nuus.

1Tim.1:15  NV Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.

1Tim 1:15  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

**** So hierdie gedeelte sê vir elke een persoonlik, Christus het gekom om jou en my te red. Die wonderlike deel is juis dat Hy nie net ons sonde vergewe nie, maar Hy verlos ons daarvan. Dit is immers ons elkeen se verlange nie net om gered te word nie, maar om verlos te word van die verkeerde goed in ons lewens

Luk. 19:10  Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Matt.1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

**** Miskien is daar iets waarmee jy worstel en jy bid vir uitkoms en verlossing. Ek weet van mense wat in ‘n oomblik verlos is van goedjies maar dan is daar weer ander waar hulle worstel. Onthou die vyand ken ons swak plekke. In enige kompetisie buit jy die opponent se swak plek uit. Dink maar aan ‘n boksgeveg, daar waar die een raak geslaan is, is die teiken.  Daarom moet ons ons elke dag aan die HERE wy en vra vir Sy verlossing. Moontlik gaan dit goed en dan op ‘n dag het jy weer geval. Wat nou is jy nou verlore ? Onthou net dit jy is nie nou God se kind en dan is jy nie meer Sy kind nie. Jy bly Sy kind en Hy help ons om naby aan Hom te bly

Joh.6:37  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader vanoggend kan ons net baie dankie sê vir U goedheid genade en liefde. Baie dankie vir daardie versekering al kom ons 10 keer op een dag na U sal U ons nooit wegstuur nie. Hoe kosbaar is dit net nie dat ons almal gelyk met U kan praat en U hoor elke persoon as individu. Dis te groot om te verstaan vir ons mensekinders. Ek bid vanoggend spesiaal vir al die persone wie se naam met die letter H begin. My Vader wil U asb. U Hand van genade op hulle laat rus vandag, waar daar pyn is bring verligting waar daar nood is gee uitkoms waar daar gevaar is bewaar hulle. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 10 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *