Aanvaarding 5

Vrydag 17 Mei 2019 Tema: Aanvaarding 5

**** My eie woorde

**** Ons sluit dan die ernstige tema af met hierdie belangrike vraag. Aanvaar jy vandag die Woord onvoorwaardelik? Indien my en jou antwoord “ Ja,” is. Hoeveel vrug bring ons voort Die ernstige deel wat Jakobus hier met ons deel is dat as ek en jy net praat en nie doen nie bedrieg ons onsself

Markus 4: 20 Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.”

Jak.1:22  En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

**** Jesus vertel ‘n gelykenis

Luk. 13:7  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? 8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. 9  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.

**** Nou die ernstige vraag, hoeveel jaar is dit al dat die Tuinier by my en jou kom vrugte soek. Een- twee- drie jaar? Hoe lyk ons vrugte

Luk.6:43  Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.

**** Wat meer kan ek en jy vandag sê as wat Dawid gesê het.

Ps 139:23  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; V24  en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader wat in die hoogste hemele woon. Vanoggend staan ons skuldig. Ons sê so maklik ons hoor U Woord en aanvaar dit maar hoe lank soek U al vrugte aan ons bome. Miskien is daar vrugte maar dit is slegte vrugte vol haat en nyd woede en kwaad. Vanoggend vra ons snoei en versorg ons bome in U groot genade. Ek bid vir elkeen onder die letter i vandag. Mag hulle opnuut bewus word van U genade liefde en omgee in hulle lewens. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en naweek vir almal. Tot Maandag as ons gespaar bly

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 9 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *