BAR ONE SJOKOLADEFUDGE POEDING & BAR ONE VLA

Lynette Muller

Bestanddele
1 koppie (250 ml) koekmeel,
1 eetlepel (15 ml) bakpoeier,
1 ml sout,
30 ml kakao
200 ml bruinsuiker saam.
Sny 1 55 g Bar-one in klein blokkies en meng dit met die droë bestanddele.
Smelt 60 ml botter of margarien.
Klits dan 1 eier, 175 ml melk en 5 ml vanielje- of karamelgeursel daarby.
Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele met ‘n draadklitser.
Smeer ‘n vierkantige mikrogolfoondvastebak, van 20 cm. Skep die deeg in die gesmeerde bak.
Meng 250 ml water, 100 ml bruinsuiker en 25 ml kakao.
Mikrogolf op hoog vir 2 minute. Roer en plaas terug vir nog 3 minute. Gooi die warm sous bo-oor die deeg.
Bak vir 10 minute in die mikrogolfoond op hoog.
Bedek en laat vir 3 minute staan voordat jy dit met roomys en Bar-one-vla opdien.

Bar One Vla
Die eenvoudigste manier om gewone vla op te kikker!
1 55 g Bar-one
1 klein boksie vla (500 g)
Sny die Bar-one in klein blokkies.
Meng dit met die vla in ‘n klein kastrol en smelt die sjokolade oor ‘n lae hitte in die vla, terwyl jy dit voortdurend roer.
Bedien saam met warm Bar-one-sjokoladefudgepoeding.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 164 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *