BEESVLEIS BREDIE

Woumarie

‘n Geurige bredie met ‘n lang sous is die beste winterskos!
Dié een is ’n ware gunsteling van ons gesin en smaak die volgende dag éérs lekker.

Bestanddele
45 ml olie
1 kg beesvleisblokkies
5 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
Knippie suiker
3 ml borrie
5 ml paprika
5 ml fyn komyn
5 ml pimento
10 ml fyn koljander
15 ml gekapte, vars gemmer
2 groot uie, gerasper
4 knoffelhuisies, fyn gekap
4 wortels, grof gerasper
1 x 410 g blik gekapte tamaties
500 ml water of beesvleisaftreksel
Sowat 12 baba-aartappels in skil (heel of gehalveer, indien redelik groot)
60 ml gekapte, vars pietersielie of vars koljanderblare

METODE:
Verhit die olie in ’n swaarboompot. Meng die beesvleisblokkies, sout, peper, suiker, speserye en gemmer goed en braai dit saam in die kastrol tot die vleis bruin en die speserye geurig is.
Voeg die gerasperde ui en knoffel by en braai vir 3-5 minute. Voeg die wortels by en braai vir ’n paar sekondes.
Voeg die tamaties en water (of aftreksel) by en verhit tot kookpunt.
Bedek en prut vir 30 minute.
Voeg die aartappels by (en nog water of aftreksel, indien nodig) en prut vir ’n verdere 45-60 minute tot die vleis sag,
die aartappels deurgaar en die sous verdik en geurig is.
Rond af met gekapte, vars pietersielie of koljanderblare. Sit voor op rys, koeskoes of krummelpap.
Lewer ses porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *