Boodskapper 2

Dinsdag 7 Mei .2019 Tema:  Boodskapper 2

**** My eie woorde

**** Ek vra vanoggend vir die HERE wat is SY boodskap wat ek moet deel op hierdie dag voor die verkiesing. Hierdie is wat ek ontvang het. Ek en jy kan self kies of ons gaan luister en of ons ons ore gaan toedruk

Hag 1:7  So sê die HERE van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het! 8  Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek ‘n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE. 9  Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop. 10  Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou. 11  En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande. V13  Daarop het Haggai, die boodskapper van die HERE, kragtens die boodskap van die HERE, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die HERE.

v14 (b)…… En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van die HERE van die leërskare, hulle God.

**** Hier het Haggai gepraat van die fisiese tempel maar ek en jy is die gebou van God en Christus is die fondasie. Hoe lyk ons gebou? Dit wat hier bo genoem is , is juis om ons aan te raai om terug te draai na ons skepper God in berou en aanbidding

1Kor 3:11  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— 13  elkeen se werk sal aan die lig kom,

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader ons aanbid U. Ek bid hierdie gebed vir elkeen op ons lys onder die letter B maar ook vir elke een wat hier lees. Ons staan vanmôre voor U skuldig. Ons geestelike huise lê verwaarloos en woes, want ons het aardse huise gebou met geld en goed en stadig maar seker ons geestelike huise laat verval. U. Het met ons hard gepraat die afgelope paar jaar, maar hier is ek en my huis en U opregte kinders wat na U uitroep vandag. Hier is diegene wat hier lees wat voel hulle wil regmaak. Help hulle elkeen om U stem helder en duidelik te hoor. HERE wees ons genadig, vergewe ons en red ons land en ons volk vir U ewige Koninkryk. Ek bid dat U elkeen wat gaan stem se gedagtes en hande sal rig en U ingedagte sal hou. Laat U wil geskied . In Jesus se Naam Amen

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 41 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *