Boodskapper 4

Donderdag 9 Mei 2019 Tema: Boodskapper 4

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. Wat meer kan ons vandag sê as:

Ps 150:2  Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!

**** Ek wil julle herinner dat die vyand nie maklik gaan lê nie. Ons geloof gaan nog end uit getoets word want die HERE wil hê ons moet leer om Hom volkome te vertrou. Ek kry die kosbare woorde vandag

Dan 9:20  Terwyl ek nog praat en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en by die Here my God pleit vir sy heilige berg, V:21  terwyl ek nog so aan die bid was, het Gabriël, die man wat ek die vorige keer in die visioen gesien het, by my aangevlieg gekom. Dit was die tyd van die aandoffer. V22  Hy het my kom inlig en vir my gesê: “Daniël, ek het gekom om jou deeglik in te lig. V23  Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar ‘n antwoord gegee, en ek het gekom om dit vir jou te vertel, want God het jou lief. Gee dus ag op wat ek sê, sodat jy die visioen kan verstaan.

**** In hierdie gedeelte is Daniël nog besig om te bid toe stuur ons Skepper aan hom ‘n engel uit die hemel. Net so glo ek sal Hy ons ook vorentoe bewaar.

Heb 1:13  En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? V14  Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Ps. 150:6  Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader wat meer kan ons sê as die woorde so pas gehoor. Laat alles wat asem het die HERE loof en mag ons nooit U weldade vergeet nie. Ons wil vra  dat U net soos U ons gister gelei en verhoor het, dat U ook ons sal deurdra in die tyd wat wag, Mag U Naam opnuut plek kry in hierdie land Suid-Afrika. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter C. My Vader wil U vanoggend opnuut by hulle woning maak en hulle daardie versekering gee U hoor elke uitroep om hulp genade en uitkoms. Ons vra dit en dank U in die Naam van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker. Amen.

Geseënde daggie aan elkeen.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 12 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *