Boodskapper  5

Vrydag 10 Mei 2019 Tema: Boodskapper  5

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. So kom ons dan aan die einde van ‘n baie ernstige week van toewyding en aanbidding. Vanoggend ontvang ek hierdie ernstige woorde. Ek dink ons almal sien of beleef sélf, wat gebeur in ‘n land van wetteloosheid. So dikwels wanneer mens van die Wet van God praat is mense gereed om te sê jy is “wetties” Hoe anders sou ons weet wat is reg en wat is verkeerd indien daar nie ‘n wet was nie. Dit is dan ook presies wat Paulus aan die Romeine verduidelik het. Onthou Paulus self was ‘n geleerde Jood en hy het geweet hoe die Jode se koppe werk. Hulle het God se wet in duisend ander wette verander. Die hele stryd was dat die Jode geregverdig wou word uit wetsonderhouding. Daarom het hulle dan aan almal wat Christus aangeneem het vertel hulle MOET besny word volgens die wet. Dan kom verduidelik Paulus dit so pragtig

Rom.3:20  aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

****Wat hy hier sê is die wet red jou nie, dit wys jou net wat is sonde. Wanneer jy weet wat is sonde gaan jy na Jesus Christus toe sodat Hy jou deur Sy bloed kan skoonmaak. Dan in die volgende gedeelte verduidelik Johannes dit so pragtig. Wanneer ek WEET wat sonde is omdat die wet dit uitwys bly ek in Jesus Christus want dan wil ek nie meer Sy wet oortree en sonde doen nie. Hoe kosbaar is God se woorde net nie

1Joh 3:1  Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. 2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is. 4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. 5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie. 6  Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader wat in die hoogste hemele woon. Ons bring aan U al die lof en Eer en heerlikheid vir ‘n verlossingsplan wat so wonderlik is dat ons verstom staan. My Vader ons beleef dit in ons eie land, hoe mense die wet gebruik om te wys wat alles verkeerd is. Nogtans kan daardie wet nie harte verander nie, net Jesus Christus ons Verlosser kan harde harte sagmaak. Ek bid dat elkeen weer Eksodus 20 sal gaan lees en vra, HERE wys my waar is die sonde in my lewe wat ek nog moet regmaak. Ek bid dan vanmôre vir elkeen onder die letter D op ons poslys. Manne en vroue wat U lief het en dien. Ek bid dat U vandag hulle las sag en lig sal maak en hulle sal seën en voorsien volgens U wil en hulle spesiale behoefte. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en naweek, tot Maandag as ons gespaar bly.

 

GETUIENISSE en TERUGVOER

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 35 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *