GEROOMDE SPINASIE MET FETA KAAS

Woumarie

Sous:
30 g botter
3e (45 ml) koekmeel
½ k (125 ml) volroommelk, warm
¼ k (60 ml) vars room, louwarm
sout en varsgemaalde swartpeper
30 g botter
1 ui, geskil en fyn gekap
1 knoffelhuisie, gepers
400g jong spinasieblare, geblansjeer
100g  Fetakaas, gekrummel

Metode
Verhit die botter in ‘n pan. Roer die meel by en kook 1 minuut. Roer die warm melk by en kook 3 minute. Voeg die room by en roer deur. Geur na smaak met sout en peper. Hou eenkant.

MAAK DIE SPINASIE
Verhit die botter oor lae hitte in ‘n pan en soteer die ui en knoffel vir 3 tot 4 minute, of tot sag.  Sny die spinasie fyn en roer by die uiemengsel in die pan.  Roerbraai 1 minuut. Voeg die fetakaas en witsous by en roer goed deur. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,129 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *