Hy ken jou Naam 1

Maandag 20 Mei 2019 Tema: Hy ken jou Naam 1

**** My eie woorde

**** Elkeen van ons ontvang van kleins af ‘n naam. Jy word groot met daardie naam. Die naam waarmee jy bekend is word jou naam al is dit ‘n noemnaam. Indien daar in ‘n groot vertrek jou naam genoem word hoor jy dit dadelik. Die nag toe Samuel gaan lê en die HERE roep sy naam hoor hy  want hy ken sy naam. Alhoewel hy nie geweet het Wie hom roep nie.

1Sam.3:4  het die HERE na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.

**** Gaan lees gerus die hele verhaal in jou Bybel maar uiteindelik het die HERE Samuel 3 maal geroep

1Sam.3:9  Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê. V10  Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.

**** Dis my woord vanoggend vir jou. Die HERE kén jou naam. Vir Hom is jy nie net ‘n nommer in ‘n ry nie, jy is nie die een wat onder ‘n sekere groep in die alfabet val nie. Wanneer Hy met jou praat is dit op jou naam en dis persoonlik want Hy ken jou naam. Toe Hy Samuel roep ken Hy sy naam en hy hou aan roep totdat Hy weet Samuel verstaan en hoor. Hoor jy hoe Hy na jou roep? Hoeveel keer roep Hy al. Kom ek en jy antwoord soos Samuel vandag en sê : “ Spreek HERE U dienskneg luister “

GEBED vir VANDAG J

Onse Vader baie dankie vir hierdie nuwe dag en week wat ons saam met U kan ingaan. Hoe wonderlik is die wete vandag U ken ons elkeen se naam persoonlik. Help ons om te hoor en te luister as U vandag met ons praat. Ek bid vir diegene wie se naam met die letter J begin op die poslys. My Vader U ken hulle by die naam. Mag hulle vandag daardie versekering kry U roep hulle op hulle Naam. In Jesus se Naam Amen .

Geseënde dag en week vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 17 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *