Hy ken jou Naam 3

Woensdag 22 Mei 2019 Tema: Hy ken jou Naam 3

**** My eie woorde

**** Ek ken ‘n paar persone vir wie ek groot agting het. Ek noem hulle die “naam” mense. Jy stel jouself aan hulle voor en wanneer hulle wegloop ken hulle jou naam. “Naam” mense is wonderlike mense, hulle laat jou belangrik en spesiaal voel, terwyl ander soos ek eers weer moet vra “ Wat is jou naam nou weer?” Dit herinner my aan die groot Skepper God wat ons dien . Ek weet die duiwel se aanslag is op die Skepping om te sê daar is nie ‘n Skepper God nie, want uiteindelik wil hy hê ons moet hom, wat ‘n gevalle engel is aanbid . Kyk hoe mooi kom God se antwoord

Jes.45:18  Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het—Hy is God! —wat die aarde geformeer en dit gemaak het—Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word—Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.

****Is dit nie wonderlik nie, hierdie aarde is gemaak om deur ons bewoon te word. Dan kom besing Dawid die wonders van ons Skepper God. Hy is in verwondering dat hierdie Skepper die mensekind besoek. Dat Hy ons aangestel het om hierdie aarde vir Hom op te pas.  Dan die wonderlike wete hierdie grote God ken jou naam.

Ps 8:3  (8:4) As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het—4  (8:5) wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? :5  (8:6) U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. :6  (8:7) U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gestel:

**** Hy wat net spreek en dit gebeur. Hy wat die sterre kan tel en name gee. Hy wat  elke voëltjie sien val wat weet hoeveel hare is op my hoof. Dis Hy wat jou en my naam ken. Hy vra nie …wat is jou naam nou weer nie? Nee Hy sê jou naam,  gevul met die grootste liefde en warmte omdat Hy nie net jou naam ken nie, Hy ken  jou. Die vraag is waarom hardloop ons rond en gaan nie na Hom die Een wat ons werklik kan help nie.

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader, vanoggend wil ons niks vra nie, ons wil net dankie sê vir U grootheid, U goedheid, U genade vir ons as mensekinders. Daardie wete dat die Skepper God MY naam ken is meer as wat ons ooit kan begryp. Ek bid vir elkeen onder die letter L vandag. My Vader wanneer ek na hulle name kyk wéét ek hulle het U baie lief. Ek wil vra dat U vandag hulle met ‘n besondere seën sal seën, omdat U in hulle harte kyk. Mag hulle elkeen so bewus word van U liefde en omgee vandag.

In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag vir elke ander een .

Geseënde dag vir elkeen

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

(Visited 12 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui