Hy ken jou Naam 4

Blye Versekering vir 23 Mei 2019

Tema: Hy ken jou Naam 4

**** My eie woorde

Jer 1:5  Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken;

****Het jy al ooit intens oor hierdie woorde nagedink. Voordat jou Mamma bevrug is, sê die HERE het Hy JOU geken. Hoe groot is dit net nie. Jy was nog niks toe ken Hy jou naam. Dan sê  die woord Hy ken nie net jou naam nie Hy weet elke tree wat jy gee, Hy ken jou gedagtes. Voordat jy ‘n woord sê weet Hy daarvan…. dis werklik te groot om te begryp

Ps 139:2  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. v3  U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. v4  Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al. v5  U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. v6  Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

****Ek het verskeie gebedsversoek van mense gekry waar hulle eerder in die donkerte wil wegkruip dinge is net teveel. Dan sê Dawid by Hom is die donkerste donker soos die lig .

Ps. 139:11  En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, V12  dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. v13  Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. v14  Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

**** Nou wil ek ernstig vir elkeen sê as ons nie nou hierdie toetsies kan deurstaan nie, sê my op wie moet God reken wanneer die dae van benoudheid kom. Is ek en jy saam met die wat klaagliedere sing elke dag. Dis tyd om op te staan en te sê,  aan Hom wat jou naam ken

Ps_31:14  (31:15) Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.

GEBED vir VANDAG M

Onse Vader, soos Dawid kan ons sê wonderbaar is U werke nè my siel weet dit alte goed. Laat ons elkeen opnuut besef om soos die wegloop seun te sê: Ek sal opstaan en na my Vader gaan. Baie dankie dat U ons elkeen se donkerte lig maak want in U teenwoordigheid kan donkerte nie bestaan nie. Ek bid spesiaal vanmôre vir elkeen onder die letter M. My Vader U ken hulle elkeen se naam. U ken hulle sit en hulle opstaan. Voorsien kragtig vandag in hulle elkeen se besondere behoefte volgens U wil. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *