KNOFFELAARTAPPELS MET ROOM:

Lynette Muller

Bestanddele
6-8 groot aartappels
150 g margarien
1 houertjie vars room
± 25ml knoffel
Sout na smaak
250ml gerasperde cheddarkaas

METODE:
Skil aartappels en sny in skywe.
Pak skywe aartappels in oondbak en gooi sout oor.
Smelt botter en knoffel in mikrogolfoond.
Gooi room by en gooi melk-roomvulsel oor aartappels.
Bak vir 1 – 1½  uur by 180 grade.
Voor opdiening gooi gerasperde kaas by en roer deeglik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 377 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *