My wingerd 2

Blye Versekering vir 28 Mei 2019

My wingerd 2

**** My eie woorde

**** Vandag se gedeelte verwys die profeet Jesaja eintlik na letterlike Israel. Ons, ek en jy is deel van geestelike Israel.

Gal 3:29  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

Jes. 5:1  Laat my tog sing van my Beminde; ‘n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het ‘n wingerd op ‘n vrugbare heuwel.

**** Jesaja rig sy lied tot die Een wat hy lief het, naamlik die Eienaar van die wingerd. Hy sê hierdie wingerd het op ‘n vrugbare heuwel gestaan. Dan doen Hy moeite met hierdie wingerd. Hy spit die harde grond om, haal die klippe uit en plant die beste wingerdstok daarin. Hy het selfs ‘n toring gebou vir beskerming en ‘n parskuip sodat alles van die beste gehalte was en gereed was vir oes. Dan sê die profeet Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring   

Jes.5: 2  En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.

**** Het jy al hoë verwagtinge gekoester moontlik van iemand wat jy lief het. Jy doen alles binne jou vermoë, en leef met die grootste verwagting en dan die bitter teleurstelling. Jy is verslae en jy wonder waar het jy dan verkeerd gegaan. Kyk wat sê Jesaja. 

4  Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?

**** Hoeveel keer het ek en jy al net soos Israel Hom teleur gestel. Dink aan die teleurstellings wat jy al beleef het, en weet verseker ek en jy het dit ook aan ons Meester gedoen. Daar is net een antwoord, en dit is kom ons probeer weer, kom ons reageer op Sy uitnodiging terwyl daar nog genade tyd is.  

Jes.1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 19.As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

GEBED vir VANDAG P

Onse Vader wanneer ons lees in U woord weet ons, ons het U nodig. Ons neem vandag U uitnodiging aan en vra was ons skoon van alles wat skeiding maak tussen U en ons. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter P op ons poslys. My Vader omstraal hulle met die lig van U teenwoordigheid en voorsien vir hulle soos U weet die beste is.  In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag vir julle elkeen

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *