Blye Versekering vir 29 Mei 2019
My Wingerd 3
**** My eie woorde
**** Ons het gister gesien hoe ons vergelyk word met ‘n wingerd. Dan sien ons in vandag se gedeelte dat Christus die ware wynstok is en ons is lote
Joh 15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
**** Nou sien ons ‘n paar goed wat gebeur. Die eerste waarna ons kyk is wat gebeur wanneer die lote nie vrug dra nie … maar dit is nie enige vrug nie . Die vrugte moet lyk soos die oorspronklike wingerd se vrugte. Die Landbouer is ons Vader en Hy gaan die inspeksie doen en ons word gemeet teen die ware Wynstok. Dan sê Jesus die wat nie in Hom vrug dra nie neem Hy weg.
Jeremia 17:10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
2Kor.5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
GEBED vir VANDAG Q en R
Onse Vader, dankie vir hierdie ernstige woord vandag. Wanneer ons kyk na die vrug van die Gees skiet ons vêr tekort. Help ons om in die Ware Wynstok te bly sodat ons vrug kan verander. Ek bid vir elkeen onder die letter Q en R vandag U wat hulle by die naam ken. Wil U wonderbaarlik ingryp in hulle besondere situasies en voorsien soos net U weet die beste is. Vader vanmôre dra ek elkeen aan U op wat worstel met ‘n werksgeleentheid. Daar is baie, maar ek vra dat U elkeen wat na U uitroep om hulp, iewers ‘n werk sal kry soos net U dit kan voorsien. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde daggie vir elkeen.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan