My Wingerd 4

Blye Versekering vir 30 Mei 2019

My Wingerd 4

**** My eie woorde

**** Het jy al ‘n nuwe toewyding in jou lewe gemaak, meer begin bid en nougeset  lewe. Ja, selfs ons gebedsgroep bevestig hulle bid vir jou naam.   Nou verstaan jy glad nie, want skielik voel dit vir jou of alles verkeerd loop. Onthou een ding die vyand is nie bekommerd oor diegene wat hy reeds het nie, maar hy loop soos ‘n brullende leeu wanneer ons omdraai omdat hy wil wys hy is die sterker een.  Tweedens die interessante deel van die wynstok en die lote  Elke loot wat vrug dra het potensiaal. Die landbouer sien dit en nou begin Hy die loot snoei en skoonmaak. Dit is pynlik en moeilik maar Sy doel is juis beter groei en meer vrugte.

Joh. 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

1Pet.5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

**** Dan kom die vraag, hoe weet ek dat ek in die Wynstok bly.  Kom ons kyk wat antwoord die Woord. Eerstens dat ons van sy Gees het en tweedens dat ons Christus as God se Seun erken

1Joh 4:13  Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van Sy Gees gegee het.

1Joh 4:15  Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.

Matt 16:15  Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? 16  En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.

GEBED vir VANDAG S

Onse Vader ons kan met ‘n vaste wete sê U is God en U Seun Jesus Christus is waarlik U Seun en ons Skepper God. Kom woon in ons en maak ons skoon, louter ons al maak dit seer, sodat ons geskik kan wees vir U hemelse Koninkryk. Ek bid vandag vir elkeen onder sie letter S op ons poslys. Mag hulle opnuut bewus word van U teenwoordigheid genade en sorg in hierdie dag. In Jesus se Naam Amen

Geseënde dag aan elkeen.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 12 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *